Homepage2024-03-14T12:52:17+00:00

BogWoordKies

Die beter blufspel

BogWoordKies © is op 20 Mei 2016 in die motor op pad na Hermanus “gebore” en is gebaseer op ʼn speletjie wat ons jare gelede op die plaas gespeel het. Ons het die ou plaas speletjie toegerus met ʼn bord en met Vat ʼn Kans-kaarte om die spel bietjie af te wissel.

Die speletjie is ontwikkel om saam met familie en vriende te geniet en om almal vir ʼn wyle van die elektroniese-juk te verlos. Die doel is om julle te laat dubbel vou van lag met die wilde-woord definisies wat uitgedink word en pret te hê met woorde wat met mimiek of ‘n tekening verduidelik moet word. Vinnige feite op die Vat ‘n Kans-kaarte is gewaarborg om almal se algemene kennis ‘n hupstoot te gee!

Die nuwe Afrikaanse bordspel!

Ontwerp om baie gelukkige ure met familie en vriende deur te bring.

Fotos voorsien deur Labnetics.co.za

Kenmerke

BogWoordKies © is baie eenvoudig om te speel. Die spel word gespeel met Woordkaarte of Vat ’n Kans-kaarte. Daar is ook plekke op die bord waar spelers ʼn boete of bonus ontvang, sou hulle daarop beland.

Spelers probeer deur te bluf of met mimiek, tekeninge, algemene kennis of pure geluk (maar met pure plesier) om eerste by die wenpunt te kom!

Pret en Plesier!

Lag jou ‘n papie vir jou familie en vriende se wilde woord-definisies!

Enige Vrae?

Dit raak baie verwarrend wanneer die stemme getel is en almal wil tegelykertyd hulle pionne beweeg.2018-07-18T09:28:11+00:00

Ons stel voor dat die beurtspeler almal se pionne skuif.

Kan julle nie net kortweg verduidelik hoe om die spel te speel nie?2018-08-14T15:14:16+00:00

Blaai op na “Vinnige Reëls” hierbo, klik op die skakel en laai ‘n vloeikaart af wat grafies die reëls verduidelik.

Ons blufbriefies is op, kan ons nog bestel en wat kos dit?2018-07-18T09:26:24+00:00

Daar is ‘n sjabloon in PDF-formaat beskikbaar wat u vanaf hierdie webwerf kan aflaai en waarmee u soveel blufbriefies as wat u wil hê kan uitdruk.

Kan ek vir my oorsese vriende BogWoordKies as ‘n geskenk stuur?2018-07-18T09:25:39+00:00

Stuur vir ons u vriende se adres en ons sal u van ‘n kwotasie voorsien om ‘n spel oorsee te versend.

Beskikbaar, koop dit aanlyn nou!

Betaal met ‘n kredietkaart of per EFT

Slegs R395.00 plus R85,00 vir deur tot deur aflewering na enige dorp in Suid-Afrika

Koop Nou

Kontak Ons

Kontak besonderhede

Ererol

Tiermelk: Skopsop

Nita, VCR Wenner - 1

Sotskolf :  ‘n Skotse krieketkolf wat gebruik word deur afgetrede ou ooms.

Mev Hanlie van Heerden, Vanderbijlpark

Pollard: ‘n Soort kamera

Mnr Arrie le Roux, Vanderbijlpark

Akson:  ‘n Vroulike bison

Mev Hanlie van Heerden, Vanderbijlpark

Foefie: ‘n Verfynde reun

Me Kara van den Heever, Kaapstad

Richterskaal: Die instrument waarmee die Israeliete die manna in die woestyn geweeg het.

Mev Hanlie van Heerden , Vanderbijlpark

Boemeltrein: ‘n Trein vir boemelaars om op partytjie te hou, amper soos ‘n “party bus”, maar met slaapplek. Kos en drank word voorsien solank jy vir ‘n sekere politieke party stem!

Lourence, VCR wenner - 2